Sterrekykpiekniek by die Afrikaanse Taalmonument
Venue: Taalmonument
Dates: 21/01/2017 to 21/01/2017
Times: 18:00
Sterrekykgeesdriftiges moenie die eerste Sterrekykpiekniek van die jaar by die Afrikaanse Taalmonument op Paarlberg op Saterdag 21 Januarie 2017 misloop nie. Tydens dié pieknieks kan besoekers die sterrehemel verken met die hulp van die Orion Observasie Groep (OOG), ‘n informele sterrrekundeklub van die Boland.
Die tema van die aand is “Pollie ons gaan Sterre kyk”. Die piekniek begin om 18:00. ‘n Begeleide toer van die Monument word om 18:30 aangebied. Besoekers kan van 20:00 tot 22:30 onder leiding van lede van OOG deur teleskope na die sterre kyk.
Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjies saam te bring of een (teen R250 vir twee persone, of R350 met ‘n mandjie ingesluit) by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel. 021 863 2800). Volksmond sal oop wees vir koffie en ligte verversings. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Besoekers word aangemoedig om verkykers en warm klere saam te bring. Rook is verbode op die grasperke.
Kaartjies kos R35 vir volwassenes en R10 vir kinders en is by Computicket beskikbaar. Kaartjies is ook by die hek beskikbaar, maar bespreking is noodsaaklik, sodat daar vir genoeg teleskope voorsiening gemaak kan word. Bespreek by tel. 021 863 0543/4809. Sterrekykpieknieks sal gekanselleer word indien die weer sleg is. Skakel 072 181 6744 vir weernavrae.
Sterrekykpieknieks vind ook plaas op 18 Februarie (Orion se drie gawe nooientjies) en 25 Maart (Jupiter klop van vroeg tot laat).
Die piekniekreeks word aangebied ten bate van Laat ons Lees!, die Taalmuseum se voorleesprojek vir kinders. Piekniekgangers word aangemoedig om ‘n nuwe of tweedehandse kinderboek saam te bring ter ondersteuning van dié projek.
Pricing & Booking Information
R35 vir volwassenes en R10 vir kinders. Kaartjies is beskikbaar by Computicket of by die hek, maar bespreking is noodsaaklik, sodat daar vir genoeg teleskope voorsiening gemaak kan word.
Bespreek by tel. 021 863 0543/4809 of 072 181 6744 (ook vir weernavrae).
Sterrekykpieknieks sal gekanselleer word indien die weer sleg is.
Venue Details & Map
Taalmonument
Physical Address: Gabbema DoordriftstraatPaarlberg
Paarl
Telephone: +27(0)218723441 Email: admin@taalmuseum.co.za Website: http://www.taalmuseum.co.za/ Directions: Neem die nommer 55 afrit van die N1 af na Hoofweg – Paarl. Draai links in Hoofweg. Bly op Hoofweg (Paarl) vir ongeveer ongeveer 500m en draai links in Flambeaustr. (die eerste straat aan u linkerkant) op. Volg die bruin aanwysingsbordjies tot by Gabbema Doordriftstraat wat lei na die Taalmonument bo-op Paarlberg. Latitude: -33.766304927206974 Longitude: 18.94369125366211