Skerpskryf-kompetisie vir leerders
Venue: Afrikaanse Taalmuseum
Dates: 29/07/2016 to 29/07/2016
Times:
Skerpskryf is ’n skeppende Afrikaanse skryfkompetisie vir graad 7-, 10-, 11- en 12-leerders van Drakenstein. Leerders wat Afrikaans as huis- of addisionele taal neem, is almal welkom om in te skryf.
Die kompetisie word vanjaar vir die sesde keer aangebied deur die Hugenote Gedenkskool in Dal Josafat in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl. Die Hugenote Gedenkskool was die eerste skool in Suid-Afrika waar kinders amptelik in Afrikaans onderrig is.
Die kompetisie is tot voordeel van elke leerder wat in Afrikaans skryf en help om belowende jong skrywers in Afrikaans te identifiseer. Die finaliste en hulle onderwysers sal genooi word om by die prysoorhandiging by die Hugenote Gedenkskool deel te neem aan ’n werkswinkel met bekende skrywers, joernaliste en blogskrywers.
Daar is twee kategoriëe: Leerders in gr 10, gr 11 en gr 12-leerders moet ‘n blog skryf van tussen 400 en 500 woorde oor die onderwerp “Die belangrikheid van Afrikaans as onderrigtaal”. ‘n Nuwe kategorie is vir gr 7-leerders van landelike skole geskep wat ’n opstel van tussen 250 en 300 woorde oor die onderwerp “Ek en my omgewing” moet skryf.
Leerders én skole kan lekker pryse wen: Die algehele wenner kry R1 000 kontant plus ’n koopbewys vir R1 000 vir Afrikaanse boeke. Die twee wenners in die kreatiewe en taalkundige afdelings wen elkeen R500 kontant plus ’n koopbewys vir R500 vir Afrikaanse boeke. Die drie wenners se skole ontvang ook elk ’n koopbewys van R1 000 vir Afrikaanse boeke. Die opvoeder of persoon wat die wen-inskrywing aangemoedig het sowel as die onderwyser wat die meeste inskrywings instuur, kry elkeen R500. Die algehele laerskoolwenner kry R500, die naaswenner R300 en die leerder wat die die derde prys wen R200. Elkeen kry ook ’n boek as prys.
Leerders kan by hulle Afrikaans-onderwyser inskryf. Wenners van die vorige jare kan weer inskryf, maar sal nie in aanmerking kom vir een van die pryse nie. Inskrywings moet teen 29 Julie 2016 ingehandig word by Janine Brown by die Taalmuseum in Pastorielaan 11, Paarl. Sy kan gekontak word vir navrae by 021 872 3441 of opvoeding@taalmuseum.co.za.
Venue Details & Map
Afrikaanse Taalmuseum
Physical Address: 11 Pastorie AvenuePaarl
Telephone: +27(0)21 872 3441 Email: opvoeding@taalmuseum.co.za Website: http://www.taalmuseum.co.za/ Directions: Take the N1 from Cape Town in the direction of Paarl. Take exit 55 for R45/R101 toward Franschhoek/Paarl/Main Road. Turn left onto Main St/R101/R45. Continue to follow Main St/R45. Turn right onto Pastorie Avenue. Latitude: -33.734260 Longitude: 18.963550