Skerpskryf-kompetisie vir leerders
Venue: Afrikaanse Taalmuseum
Dates: 07/06/2015 to 07/06/2015
Times:
Skerpskryf is ’n skeppende Afrikaanse skryfkompetisie vir graad 10-, 11- en 12-leerders van Drakenstein. Dit word vanjaar vir die vyfde keer aangebied deur die Hugenote Gedenkskool in Dal Josafat in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl. Die Hugenote Gedenkskool was die eerste skool in Suid-Afrika waar kinders amptelik onderrig in Afrikaans ontvang het.
Die doel van die kompetisie is om leerders se kreatiwiteit te stimuleer deur storielyne rondom sekere temas te ontwikkel en te skryf. Die kompetisie is tot voordeel van elke leerder wat in Afrikaans skryf en help om belowende jong skrywers in Afrikaans te identifiseer.
Vanjaar moet leerders ‘n gedig skryf van tussen 10 en 30 reëls in Afrikaans. Dit kan wees oor hoe jy Afrikaans praat of liefhet of hoe jou vriende of ouers dit praat of net oor hoekom jy van Afrikaans hou en wat jy van Afrikaanse dink. Die digterspen is joune!
Die finaliste en hulle onderwysers sal genooi word om by die prysoorhandiging by die Hugenote Gedenkskool deel te neem aan ‘n gespreksessie waar bekende skrywers, digters, joernaliste en rubriekskrywers teenwoordig sal wees.
Lekker pryse vir die wenners sowel as vir skole kan gewen word. Die algehele wenner kry R1 000 kontant plus ’n koopbewys vir R1 000 vir ’n Afrikaanse boek. Die twee wenners in die kreatiewe en taalkundige afdelings wen elkeen R500 kontant plus ’n koopbewys vir R500 vir ’n Afrikaanse boek. Elkeen van die drie skole van die drie wenners ontvang ook ’n koopbewys van R1 000 vir ’n Afrikaanse boek. Die opvoeder of persoon wat die wen-inskrywing aangemoedig het sowel as die onderwyser wat die meeste inskrywings instuur, kry elkeen R500.
Leerders kan by hulle Afrikaans-onderwyser inskryf. Wenners van die vorige jare kan weer inskryf, maar sal nie in aanmerking kom vir een van die pryse nie. Inskrywings moet teen 7 Augustus 2015 ingehandig word by Janine Brown by die Taalmuseum in Pastorielaan 11, Paarl. Sy kan gekontak word vir navrae by 021 872 3441 of opvoeding@taalmuseum.co.za.

Venue Details & Map
Afrikaanse Taalmuseum
Physical Address: 11 Pastorie AvenuePaarl
Telephone: +27(0)21 872 3441 Email: opvoeding@taalmuseum.co.za Website: http://www.taalmuseum.co.za/ Directions: Take the N1 from Cape Town in the direction of Paarl. Take exit 55 for R45/R101 toward Franschhoek/Paarl/Main Road. Turn left onto Main St/R101/R45. Continue to follow Main St/R45. Turn right onto Pastorie Avenue. Latitude: -33.734260 Longitude: 18.963550