Seniorburger oggend met Hugo Niewoudt
Venue: Ou Meul Teater
Dates: 15/05/2014 to 15/05/2014
Times: 10:00
Daar is ‘n heerlike lekkerte daarin om na ‘n nuwe CD te luister wat ‘n belofte nakom. Hugo Nieuwoudt se nuutste album, Want jy glo in my, doen presies dit.
Die Kaapse sanger Hugo Nieuwoudt se vierde vollengte-album, is ‘n geskenk aan almal wat hom deur die jare in sy musiekloopbaan ondersteun en in hom as kunstenaar geglo het.
“Dankie dat jy my so hoog hou,” sing hy sielvol op sy nuwe kontemporer poprock-album met sy dertien uiteenlopende liedjies.
Hugo Nieuowudt het hierdie keer uit sy eie gemaksone beweeg en hom boonop met van Afrikaanse se voorste en mees gedugte musikante en liedjieskrywers omring.
Buiten dat hy van sy eie liedjies geskryf en opgeneem het, het Harold Schenk, Amanda Luyt en Lize Beekman tot sy liedjie-oes bygedra.
Nieuwoudt het heelwat meer “lewendige instrumente” op sy vierde album ingesluit en wou ‘n CD opneem wat ‘n mens in jou motor kan speel sonder om die skip-knoppie te druk.
Sy liefde vir die lewe en sy liefde vir musiek word positief op die album uitgebeeld. ‘n Mens kan dit amper ‘n danksegging-album noem. Daar is geen woede en opstandigheid te bespeur nie – net vreugde, dankbaarheid en liefde.
Pricing & Booking Information
R30.00 per persoon
Venue Details & Map
Ou Meul Teater
Physical Address: Meul StreetPaarl
Telephone: +27(0)835640056 Mobile No.: +27(0)835640056 Email: vicky@oumeulteater.co.za Website: http://www.oumeulteater.co.za Directions: As jy op die N1 ry van die Kaap se kant af, neem jy die R45 afdraai links. In die Hoofstraat draai jy weer links. Hou reguit aan met die Hoofstraat tot jy vir MacDonalds sien, 1ste straat na McD’s neem jy links, dit is Meulstraat. Ons is dan net na die 2de stop straat, aan jou linkerkant. Latitude: -33.730942701367624 Longitude: 18.957724571228027