Repelsteeltjie
Venue: Old Mill Theatre
Dates: 09/05/2015 to 09/05/2015
Times: 10:00
Spektrum Kinderteater is terug met ’n splinternuwe treffer, Repelsteeltjie. Dis oorspronklik deur die Broers Grimm en is verwerk tot ‘n vermaaklike verhoogstuk deur Gaerin Hauptfleisch.
’n Onverantwoordellike wewer spog by die koning oor hoe sy talentvolle dogter so goed kan spin dat sy strooi in goud verander met haar spinwiel. So begin die verhaal van Repelsteeltjie. Die arme dogter is radeloos as die Koning die wewer se woord neem en haar beveel om ‘n kamer vol strooi in goud te verander of anders te sterf. Ja, hulle het dinge anders gedoen in daardie jare! Gelukkig vir haar verskyn Repelsteeltjie op die toneel en hy doen die werk vir haar, maar in ruil daarvoor vra hy ’n vreeslike prys. Of die wewer se dogter ’n prinses gaan word en of sy haar woord gaan hou sal gehore self moet kom kyk..
In die rolverdeling is Dean van der Ventel, Elanza Swart en Stephanie Badenhorst.
Pricing & Booking Information
R45
Venue Details & Map
Old Mill Theatre
Physical Address: Mill StreetPaarl
Mobile No.: +27(0)83 564 00 56 Email: vicky@oumeulteater.co.za Directions: Hou reguit aan met die Hoofstraat tot jy vir MacDonalds sien, 1ste straat na McDonalds draai jy links, dit is Meulstraat. Ons is dan net na die 2de stop straat, aan jou linkerkant. Latitude: -33.731014082803895 Longitude: 18.95768165588379