Rawson Rally na DBV Paarl
Venue: Rawson Properties Paarl
Dates: 31/05/2013 to 31/05/2013
Times: All Day
31 Mei 2013 is ons Rally na die DBV Paarl toe.
Ons benodig julle hulp om te help om produkte in te samel vir ons beste vriende wat wees gelaat is iewers in hulle lewens!
Hier is ‘n paar van die goedjies wat hulle nodig het en enige iets waaraan julle nog kan dink sal baie waardeur word. A4 Afrolpapier, Penne, A4 skryfpapier, Seeppoeier, Jik, Vloerpolitoer soos Onestep, Windowlene, HTH, skuursponsies vir honde bakke se skoon skuur, toiletpapier, honde kosse en blikkies, katkos, komberse, hondebande vir honde se nekke verskillende grotes.
Bydraes welkom tot die 30ste Mei. Baie dankie!!!
Vir verder navrae kontak my gerus Juanita by 084 093 4689, 021 872 8385
Nutroscience ondersteun ook graag die Paarl-tak deur vir hulle 200kg Fetch hondekos te skenk. Fetch is ‘n gebalanseerde ete met alles in wat die honde mag nodig kry. Ons bedank die DBV vir hulle harde werk, en sal graag in die toekoms weer saam met Rawson werk om hulle te ondersteun.
Nutroscience in Malmesbury is ‘n ekstrusie aanleg wat veral bekend is vir die vervaardiging van troeteldier (Dogsense en Fetch) en viskosse (Forel, Tillapia, Perlemoen en Koi) . Dit word besit deur Promeal in Atlantis, wat weer bekend is vir Petleys en Boss blikkies kos.
Nutroscience glo in “Responsible Pet Ownership” en is betrokke by ‘n paar projekte wat die konsep ondersteun. Dit is belangrik om ‘n troeteldier te kry wat by jou gesin en omstandighede inpas, wat jy kan bekostig om te voer ( ‘n gebalanseerde maaltyd) en wat gesteriliseer is as dit nie ‘n teelhond is nie. Die DBV/SPCA se grootste probleem is ongevraagde werpsels. Daarom is sterilisasie so ‘n groot deel van Verantwoordelike Troeteldier besit.
Venue Details & Map
Rawson Properties Paarl
Physical Address: 200 Main RoadPaarl
Telephone: +27(0)21 872 8385 Mobile No.: +27(0)84 093 4689 Directions: From the N1 drive straight down the Main Street until you reach Pontac Street on the left. We are on the corner of Pontact and Main Street. No 200 Main Street on the left. Latitude: -33.74126562485895 Longitude: 18.962205323350645