Net ‘n chilli Burger en Chips asseblief!
Venue: Ou Meul Teater
Dates: 24/07/2015 to 24/07/2015
Times: 20:00
Dié komedie speel af in die kombuis van Skyfies en Burgers, ‘n lekker burger joint in Parow. Dit behoort aan twee vennote, Bruwer Dippenaar en Adriaan Burger.
Adriaan is gefassineerd met Kokkedoor en neem internet kooklesse by Burger Schlebusch, baaskok en überkosblogger. Hy is filosofies ondersoekend na die betekenis van kos en eksperimenteer graag met nuwe smake en tegnieke.
Bruwer maak grappies oor sy naam, drink dalk te veel en werk voor. Die probleem is die onbesonne sakebesluite wat Bruwer gemaak het en nou is Skyfies en Burgers op die rand van bankrotskap. Gaan ‘n Beste Burger kompetisie die besigheid red en gaan die vennootskap die krises oorleef?
Geen onskuldige pluimvee of verskaffer van rooivleis sal beseer word in die toneelstuk nie.
Met Waldemar Schultz en Leon Kruger. Teks deur Ferdinand Bekker en regie deur Gaerin Hauptfleisch.
Aangebied deur Stercus Produksies
Pricing & Booking Information
R100.00 per persoon
Venue Details & Map
Ou Meul Teater
Physical Address: Meul StreetPaarl
Telephone: +27(0)835640056 Mobile No.: +27(0)835640056 Email: vicky@oumeulteater.co.za Website: http://www.oumeulteater.co.za Directions: As jy op die N1 ry van die Kaap se kant af, neem jy die R45 afdraai links. In die Hoofstraat draai jy weer links. Hou reguit aan met die Hoofstraat tot jy vir MacDonalds sien, 1ste straat na McD’s neem jy links, dit is Meulstraat. Ons is dan net na die 2de stop straat, aan jou linkerkant. Latitude: -33.730942701367624 Longitude: 18.957724571228027