Nadine at Rhebokskloof Wine Estate
Venue: Rhebokskloof Wine Estate
Dates: 10/09/2016 to 10/09/2016
Times: 20:00
Dit het alles 20 jaar gelede begin met die kitstreffer “Krappies & Krefies“. Dit was in 2003 met die uitreiking van “Kaapse Draai“, dat die beminde Nadine `n ikoniese figuur in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf geword het. Met `n string goue en platinum albums gedurende die laaste 20 jaar, sowel as die internasionale sukses van haar trefferalbum “This Time I Know“, het hierdie jong meisie geblom tot een van die gewildste popsangers wat Suid-Afrika nog ooit gesien het. Nie net vermaak Nadine Suid-Afrikaners weekliks met “Musiek Roulette“, haar eie speletjiesprogram op televisie nie, maar in 2015 was sy twee keer agtereenvolgens bo-aan die trefferlys met “Skildery“ en die ballade “Tyd“.
Nadine vier op Saterdag, 10 September, by Rhebokskloof haar 20 jaar in die musiekbedryf saam met haar aanhangers, deur vir hulle die beste van haar beste te gee – soos nog nooit vantevore! Hierdie vertonings beloof om die grootste viering van haar loopbaan tot dusver te wees en sal haar grootste treffers asook `n paar verrassings insluit! Hierdie produksie sal verder verryk word deur `lewedige orkes, wat Nadine sal begelei deur die mees merkwaardige hoogtepunte van haar loopbaan. Verskeie vriende in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en spesiale gaskunstenaars sal deel vorm van die vertoning.
`n Spesiale kompilasie-album met Nadine se grootste treffers sal binnekort beskikbaar wees.
Pricing & Booking Information
R125 per person
Venue Details & Map
Rhebokskloof Wine Estate
Physical Address: Main RoadPaarl
Telephone: +27(0)21 869 8386 Email: info@rhebokskloof.co.za Website: http://www.rhebokskloof.co.za Directions: From Cape Town take the N1 North, turning off on the R44 to Klapmuts/Wellington. Turn left towards Wellington, enjoy a scenic 15km drive alongside the picturesque Paarl Mountain Range. Just after Windmeul Cellar turn right towards Paarl. Travel 2.5 km, past the “Rheebokskloof” Minor Road turn-off, and the entrance to Rhebokskloof is on your right-hand side. Latitude: -33.68349661069189 Longitude: 18.936824798583984