MARKietie in die Paarl
Venue: Museum Plein en Toringkerk
Dates: 10/05/2014 to 10/05/2014
Times: 09:00 - 15:00
Die Afrikaanse Taalmuseum en die Toringkerk bied op Saterdag 10 Mei ‘n gesamentlike MARKietie in die Paarl aan – ‘n kombinasie van die Toringkerk se gewilde jaarlikse mark en die Taalmuseum se nuwe mark op Museumplein.
Die Toringkerk en Museumplein is op die hoek van Hoof- en Malherbestraat, reg oorkant die Afrikaanse Taalmuseum, geleë.
Paarliete en ander belangstellendes word genooi om hierdie fondsinsamelingpoging te kom ondersteun. ’n Wye reeks produkte sal by die MARKietie te koop wees, waaronder kos en lekkernye, juweliersware, handgemaakte items, klere, geskenke, boeke en vars produkte. Die mark is oop vanaf 09:00 tot 15:00. Toegang is gratis.
Kinders sal aan verskeie kinderaktiwiteite kan deelneem, waaronder trapkarre, ‘n springkasteel, skyfskiet, boeresport en ‘n pretloop vir die hele gesin. Plaaslike musikante sal besoekers vermaak terwyl woordkunstenaars tydens ontbyt voorlesings sal doen.
Die Taalmuseum sal oop wees tydens die MARKietie. Die toegangsfooi is R20 vir volwassenes, R10 vir SA studente en R5 vir kinders (gratis onder ses jaar). Begeleide toere sal om 11:00 en 14:00 aangebied word. In die sitkamer sal besoekers kan poseer vir ’n foto in klere van toeka, wat te koop sal wees.
Die mark word as ‘n fondsinsamelinggeleentheid aangebied deur die Afrikaanse Taalmuseum, die Toringkerk en die Historium Konferensiesentrum.
Stalletjies is beskikbaar teen R150 elk (geen kosstalletjies beskikbaar). Besprekings van stalletjies kan gerig word aan Amila Ernstzen by tel. 021 872 2022 of info@historium.co.za. Vir meer inligting, besoek www.facebook.com/markietie of www.taalmuseum.co.za.
Pricing & Booking Information
Gratis toegang
Venue Details & Map
Museum Plein en Toringkerk
Physical Address: c/o Main Road and Malherbe StreetPaarl
Telephone: +27(0)21 872 2022 Email: info@historium.co.za Website: http://www.taalmuseum.co.za/ Directions: Take the N1 from Cape Town in the direction of Paarl. Take exit 55 for R45/R101 toward Franschhoek/Paarl/Main Road. Turn left onto Main St/R101/R45. Continue to follow Main St/R45. Turn right onto Malherbe. Latitude: -33.733700 Longitude: 18.966440