Karlien van Jaarsveld by die Taalmonument Tuinteater
Venue: Taalmonument Garden Theatre
Dates: 12/02/2016 to 12/02/2016
Times: 19:30
Die gewilde sangeres Karlien van Jaarsveld tree op Vrydag 12 Februarie 2016 as deel van die Tuinteater Piekniekreeks by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl op. Dié piekniekreeks word ten bate van die Laat ons Lees!-voorleesprojek vir kinders aangebied.
Van Jaarsveld het vyf jaar gelede in haar broer Bobby se voetspore gevolg en ook die Afrikaanse musiektoneel toegetree. Sedertdien het drie van haar albums platinumstatus behaal, wat beteken dat meer as 40 000 eksemplare van elke album verkoop is. Haar jongste album, My Hartjie, het reeds twee nr 1-treffers opgelewer.
Die vertoning begin om 19:30 in die Tuinteater – ‘n kleinboetie van die bekende Paarl Amfiteater – op die grasperk reg aan die voet van die monument. Besoekers is welkom om hul eie drankies (geen glas) en piekniekmandjie saam te bring of een by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel. 021 863 2800). Koffie, ligte verversings, wyn en bier sal te koop wees.
Kaartjies is vooraf te koop by Computicket en by die Taalmonument teen R130 vir volwassenes, R120 vir studente en R60 vir kinders onder 13 jaar. ’n Beperkte aantal kaartjies sal by die hek beskikbaar wees. Bring ’n kombers of kussing en warm klere saam. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Geen honde of vure word toegelaat nie.
Vir verdere inligting, skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument.
Pricing & Booking Information
R130 vir volwassenes
R120 vir studente
R60 vir kinders onder 13
Eie pieknieks welkom of bestel by Volksmond Koffiewinkel (021 863 2800)
Venue Details & Map
Taalmonument Garden Theatre
Physical Address: Gabbema DoordriftstraatPaarlberg
Paar
Telephone: +27(0)21863 0543 Email: kommunikasie@taalmuseum.co.za Website: http://www.taalmuseum.co.za/ Directions: Neem die nommer 55 afrit van die N1 af na Hoofweg – Paarl. Draai links in Hoofweg. Bly op Hoofweg (Paarl) vir ongeveer ongeveer 500m en draai links in Flambeaustr. (die eerste straat aan u linkerkant) op. Volg die bruin aanwysingsbordjies tot by Gabbema Doordriftstraat wat lei na die Taalmonument bo-op Paarlberg. Latitude: -33.770247 Longitude: 18.950316