Karen Zoid piekniekkonsert by die Taalmonument
Venue: Taalmonument Tuinteater
Dates: 20/03/2015 to 20/03/2015
Times: 18h00 - 22h00
Booking Website: http://www.computicket.com
Karen Zoid tree op Vrydag 20 Maart as deel van die Tuinteater Piekniekreeks by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl op. Dié piekniekreeks word ten bate van die Laat ons Lees!-voorleesprojek vir kinders aangebied.
Zoid is bekend vir haar ikoniese weergawe van die liedjie Afrikaners is plesierig en word beskou as die koningin van rock deur beide Afrikaanse en Engelse gehore. Sy het oor die laaste tien jaar verskeie bekroonde albums uitgereik, ‘n SAMA vir beste vroulike kunstenaar ontvang en saam met internasionale kunstenaars opgetree.
Die vertoning begin om 19:30 in die Tuinteater – ‘n kleinboetie van die bekende Paarl Amfiteater – op die grasperk reg aan die voet van die monument.
Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjie saam te bring of een by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel. 021 863 2800). Koffie, ligte verversings, wyn en bier sal te koop wees.
Kaartjies is te koop teen R130 vir volwassenes, R120 vir studente en R50 vir kinders onder 13 jaar op www.computicket.com en by die Taalmonument. ’n Beperkte aantal kaartjies sal by die hek te koop wees. Bring ’n kombers of kussing en warm klere saam. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Geen honde of vure word toegelaat nie.
Vir verdere inligting, skakel 021 863 4809/0543 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument.
Met trots ondersteun deur KykNET en Kie
Pricing & Booking Information
R130 vir volwassenes
R120 vir studente
R50 vir kinders onder 13 jaar
Venue Details & Map
Taalmonument Tuinteater
Physical Address: Gabbema DoordriftstraatPaarlberg
Paarl
Telephone: +27(0)21 863 4809 Website: http://www.taalmuseum.co.za/kalender/details/101 Directions: Neem die nommer 55 afrit van die N1 af na Hoofweg – Paarl. Draai links in Hoofweg. Bly op Hoofweg (Paarl) vir ongeveer ongeveer 500m en draai links in Flambeaustr. (die eerste straat aan u linkerkant) op. Volg die bruin aanwysingsbordjies tot by Gabbema Doordriftstraat wat lei na die Taalmonument bo-op Paarlberg. Latitude: -33.722555 Longitude: 18.955879