Kanonafvurings by die Taalmonument in die Paarl
Venue: Taalmonument
Dates: 25/06/2016 to 25/06/2016
Times: 11:30
‘n Kanonafvuring vind op elke laaste Saterdag van die maand by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl plaas – deel van ‘n reeks afvurings wat in samewerking met CAOSA (Cannon Association of South Africa) aangebied word.
Die afvuring sluit ‘n kort praatjie oor die geskiedenis van Suid-Afrika se kanonne en die VOC-kanonseinstelsel in, asook ‘n demonstrasie van die gebruik van al die laaigereedskap. Die kanon word gelaai met buskruit (geen projektiel). ‘n Lid van die publiek wat die kannonier se vraag oor die geskiedenis van die kanon reg kan beantwoord, kry die geleentheid om die kanon af te vuur. CAOSA reik ‘n sertifikaat uit as bewys dat die persoon die skoot by die Taalmonument afgevuur het.
Die praatjie word om 11:30 in Engels aangebied en om 11:45 in Afrikaans. Die kanon, ‘n Halfponder (1770 Armstrong), word om 12:00 op die Tuinteater-verhoog afgevuur.
Volgens kanonnier Riaan Conradie, wat die demonstrasies by die Taalmonument behartig, beskik Suid-Afrika oor een van die grootste verskeidenheid voorlaaierkanonne in die hele wêreld.
“Baie van hierdie kanonne is oor die jare ongelukkig erg verwaarloos en soms selfs vernietig. Dit is CAOSA se missie om navorsing te doen oor hierdie voorlaaierkanonne en die VOC-kanonseinstelsel, asook om hierdie kanonne op te spoor, te restoureer en ten toon te stel om dit vir ons nageslag te bewaar. Die vereniging het al meer as ‘n duisend van hierdie kanonne regoor Suid-Afrika opgespoor, opgemeet en geregistreer in die DURR-rekord van Suid-Afrikaanse Voorlaaierkanonne.”
“Ons is opgewonde daaroor dat CAOSA nou sy kanonafvurings na die Taalmonument kan uitbrei, aangesien die Taalmonument ‘n belangrike besoekpunt is vir Suid-Afrikaners met ‘n passie vir ons land se geskiedenis. Ons gesels tydens ons afvuring ook oor die Sesponder-kanon op Paarlberg en ander kanonne in Drakenstein.”
Kanonafvurings vind in 2016 plaas op 30 Januarie, 27 Februarie, 26 Maart, 30 April, 29 Mei, 25 Junie, 30 Julie, 27 Augustus, 24 September, 29 Oktober, 26 November en 31 Desember. In die geval van harde reën, sal die kanonafvuring gekanselleer word.
Die Taalmonument se toegangsfooi is R25 vir volwassenes, R10 vir SA studente en R5 vir kinders (gratis onder ses jaar). Vir navrae, kontak Amira Clayton by tel. 021 863 4809/0543 of kommunikasie@taalmuseum.co.za.
Pricing & Booking Information
R25 vir volwassenes, R10 vir SA studente en R5 vir kinders (gratis onder ses jaar).
Venue Details & Map
Taalmonument
Physical Address: Gabbema DoordriftstraatPaarlberg
Paar
Telephone: +27(0)21 863 4809 Email: kommunikasie@taalmonument.co.za Website: http://www.taalmuseum.co.za/ Directions: Neem die nommer 55 afrit van die N1 af na Hoofweg – Paarl. Draai links in Hoofweg. Bly op Hoofweg (Paarl) vir ongeveer ongeveer 500m en draai links in Flambeaustr. (die eerste straat aan u linkerkant) op. Volg die bruin aanwysingsbordjies tot by Gabbema Doordriftstraat wat lei na die Taalmonument bo-op Paarlberg. Latitude: -33.770247 Longitude: 18.950316