Kaleidoskoop
Venue: Ou Meul Teater
Dates: 29/07/2016 to 29/07/2016
Times: 20:00
Kaleidoskoop is ‘n Afrikaanse musiekgroep wat hul musiek uit ’n positiewe, dog realistiese oogpunt komponeer….’n broodnodige boodskap van hoop. Met kleurryke harmonieë en skerp akoestiese instrumente neem Kaleidoskoop ’n hele spektrum van musiekvorme aan. Kaleidoskoop laat jou deur hul selfgeskrewe Afrikaanse musiek – asook Engelse “covers”- anders na die kleure van die lewe, liefde en menswees kyk…kom kyk saam met hulle deur die Kaleidoskoop!
In ‘n Kaleidoskoop-vertoning kan jy verwag om omring te word met ‘n magiese atmosfeer vol liggies en vlaggies. Op hul beurt sal jou ore bederf word met die akoestiese klanke van kitaar,klavier, mandolien, ukuleles, trekklavier, perkussie, glockenspiel en ander instrumente asook die strelende harmoniee van hul stemme.
Pricing & Booking Information
Contact for price
Venue Details & Map
Ou Meul Teater
Physical Address: Meul StreetPaarl
Telephone: +27(0)82 464 2883 Mobile No.: +27(0)82 464 2883 Email: michelle@oumeulteater.co.za Website: http://www.oumeulteater.co.za Directions: As jy op die N1 ry van die Kaap se kant af, neem jy die R45 afdraai links. In die Hoofstraat draai jy weer links. Hou reguit aan met die Hoofstraat tot jy vir MacDonalds sien, 1ste straat na McD’s neem jy links, dit is Meulstraat. Ons is dan net na die 2de stop straat, aan jou linkerkant. Latitude: -33.730942701367624 Longitude: 18.957724571228027