Joshua na die Reën
Venue: Old Mill Theatre
Dates: 18/03/2015 to 18/03/2015
Times: 20:00
Joshua na die Reën was benoem vir drie Ghoema toekennings – as, a) Beste manlike kunstenaar b) Beste nuweling en c) Beste kontemporêre album manlik. Hy het onlangs weggestap met twee Ghoema-toekennings vir Afrikaanse musiek sowel as die Huisgenoot Tempo toekenning vir Nuweling van die Jaar. Nie net stap hy weg met die beste nuweling-prys nie, maar ook met die Ghoema vir beste kontemporêre album deur ’n manlike kunstenaar, waar hy gekompeteer het met groot name soos Bok van Blerk, Jak de Priester en Elvis Blue. Hy het gesorg vir ’n hoendervleis oomblik toe hy sy liedjie Lig op die horison tydens die Ghoema geleentheid uitvoer en presies gewys waarom hy hierdie twee Ghoema toekennings so verdien. Hierdie liedjie pryk ook al vir etlike maande op radiostasies landswyd se trefferparades.
Dié verhoogkunstenaar het reeds op negejarige ouderdom skoonskip gemaak in die vokale kategorie by die Eisteddfod. Sy duidelike gawe vir musiek is na regte geprys op universiteit, waar hy in 2010 as die top Jazz student gegradueer het. Tydens sy studies bemeester hy die klavier as sy hoofinstrument, ‘n vaardigheid wat op hede sy sterk aanvoeling vir die kitaar oorskadu.
Joshua na die Reën se selfgetitelde album is gedurende 2013 in samewerking met die musiekvervaardiger Ben Ludik te Sunset Studios in Stellenbosch voltooi en deur Next Music uitgereik.
Sy musiekvideo van Lig op die horison kan ook gereeld gesien word op televisie kanale landswyd en hy het reeds gesig gewys op programme soos Jukebox, Hoor-Hoor, Kwêla, Bravo, ETV Sunrise, Morning Live en Impak op Kruiskyk. Hy is eersdaags te sien op die gewilde program, Pasella.
Kyk hier na Joshua na die Reën se musiekvideo: Lig Op Die Horison http://www.youtube.com/watch?v=PtZeL6y3o9U
Pricing & Booking Information
R150
Venue Details & Map
Old Mill Theatre
Physical Address: Mill StreetPaarl
Mobile No.: +27(0)83 564 00 56 Email: vicky@oumeulteater.co.za Directions: Hou reguit aan met die Hoofstraat tot jy vir MacDonalds sien, 1ste straat na McDonalds draai jy links, dit is Meulstraat. Ons is dan net na die 2de stop straat, aan jou linkerkant. Latitude: -33.731014082803895 Longitude: 18.95768165588379