Brood, borrels en boeke ter viering van Taaldag
Venue: Historium Konferensiesentrum
Dates: 13/08/2015 to 13/08/2015
Times: 19:00
Drie gewilde Afrikaanse woordkunstenaars kuier op Donderdag 13 Augustus by die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl ter viering van Taaldag. Dit is die derde jaar dat dié gewilde geleentheid in samewerking met die Wynland Dameskring aangebied word.
Vanjaar se tema is Brood, borrels en boeke: Radio-omroeper Haidee Muller sal stories voorlees, sanger-liedjieskrywer Laurinda Hofmeyer sal liedjies sing en akteur en stemkunstenaar Nic de Jager sal oor musiekdinge gesels.
Gewilde nuwe en tweedehandse Afrikaanse boeke sal die aand te koop wees. Die kaartjieverkope is ten bate van die Dameskring se beursfonds vir behoeftige Afrikaanse studente en die ATM se leesprojek vir kinders, Laat ons Lees! Gaste word aangemoedig om ‘n Afrikaanse kinderboek, nuut of tweedehands, saam te bring ter ondersteuning van dié leesprojek.
Taaldag word jaarliks gevier om die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 te herdenk. Die GRA het hul daarvoor beywer om Afrikaans as lees- en skryftaal te vestig en het die eerste Afrikaanse koerant, Die Afrikaanse Patriot, in 1876 gepubliseer.
Die funksie begin om 19:00 in die Historium Konferensiesentrum langs die Afrikaanse Taalmuseum in Pastorielaan. Kaartjies is teen R80 beskikbaar by die Dameskring (tel. 021 8631422 en 0824142278).
Pricing & Booking Information
R80
Venue Details & Map
Historium Konferensiesentrum
Physical Address: H/V Pastorielaan en MalherbestraatPaarl
Telephone: +27(0)21 872 9602 Email: kommunikasie@taalmuseum.co.za Directions: Drive north down Paarl Main Road. Turn right into Pastorie Avenue. The historium is situated on the corner of Malherbe & Pastorie Avenue on your right. Latitude: -33.7343089212714 Longitude: 18.963589668164786