Gesonde oumagrootjie vier 104 jaar!
Sekerlik die Tuinroete se mees lewenservare inwoner, het ‘tannie’ Jannigje Kruidenier Maandag, 8 Augustus, haar 104ste verjaarsdag in haar huis in Sedgefield gevier!
Gebore in 1907 in Rhoon, Nederland het sy in 1969 na Suid-Afrika verhuis om nader aan haar kinders te wees.
Sy het aanvanklik in Amazimtoti gewoon, toe Pretoria en in Sedgefield die afgelope tien jaar.
Sy was die tweede laaste kind van ‘n gesin van agt kinders en het nog ‘n oorlewende suster van 102 in Nederland.
Source: The Knysna-Plett Herald
Comments