Creation Wines By Kamers Vol Geskenke Hermanus
Creation Wines By Kamers Vol Geskenke Hermanus
‘n Verskeidenheid heerlike happies, geskep deur o.a. The Eatery op Hermanus en Nic van Wyk (Kokkedoor-sjef en -beoordelaar, asook eienaar van Bistro 13 op Stellenbosch) sal voorgesit word. Die wyn-en-kospasmaats word deur Creation se kundige personeel bedien – ‘n proe-ervaring soos min!
Vanjaar bied Creation hierdie unieke proe-ervaring by Hermanus Kamers 2015 van 24 tot 27 September aan. Die landgoed word as’t ware na Kamers gebring met ‘n verskeidenheid keuses soos ‘n onvergeetlike wyn-en-kospasmaatservaring, wynproe en ‘n wyn-en-kosteater. By dié teater gaan gassjef Nic van Wyk van Kokkedoor-faam geregte uit die boonste rakke voorsit om Creation se wyne te komplementeer.
Vir meer inligting oor Creation by Kamers, kontak Dieter Odendaal by dieter@creationwines.com. Daar’s talle pryse te wen!
Program:
Donderdag: 14:00 – Creation-Wynproe
Vrydag: 11:30 – Creation-wyne met bypassende laat-ontbytgeregte deur The Eatery
13:00 – Creation-wyne met bypassende geregte deur Nic van Wyk geskep
16:00 – Creation se Sjokolade-en-Wynpasmaats
Saterdag: 11:30 – Creation-wyne met bypassende laat-ontbytgeregte deur The Eatery
13:00 – Creation-wyne met bypassende geregte deur Nic van Wyk geskep
16:00 – Creation se Sjokolade-en-Wynpasmaats
Sondag: 12:00 – Creation-Wynproe