Slaan winter hok: Taste the Helderberg se epikuristiese fees
Kry ’n binnekykie in die Helderberg se beste wyne
15 Junie 2017
Dis weer tyd om die winterkoue die nekslag toe te dien en in die warm gloed van Taste the Helderberg – die gesofistikeerde jaarlikse sluk-sosiaal-en-smul instelling met hartlike geselskap, wispelturigheid en gastronomiese vreugdes – te ontspan.
Wynplase en restaurante in die aanloklike Helderberg-streek, gooi hul reënboogkombers vir net een aand op Donderdag 15 Junie op Somerset-Wes oop en vertoon trots hul plaaslike kos en wyn. Vanjaar word jy uitgenooi om die winter af te skud vir ’n aand en iets rooi te dra – die temakleur wat beslis die oog vang.
“Taste the Helderberg het een van die hoogtepunte op die Wes-Kaapse wynkalender geword,” sê Stellenbosch Wynroetesbestuurder, Elmarie Rabe. “Die sosiale geleenthede wat die spesiaalste herinneringe maak, is selde só goed sonder goeie kos en wyn en Taste the Helderberg het dit alles.”
Taste the Helderberg se geur-smorgasbord sal weer van 17h00 tot 21h00 by die bekende NH The Lord Charles Hotel bedien word – ’n reëling wat baie gaste ideaal pas, want hulle rek die geleentheid in ’n langnaweek uit, omdat die volgende dag, Vrydag 16 Junie, ’n vakansiedag is.
’n Hoogtepunt vir veral wynliefhebbers by Taste the Helderberg 2017, sal die geleentheid wees om ’n vroeë kykie en proetjie van die streek se nuutste wyne te kry, sowel die proekans van die ikone wat hierdie Stellenbosch Wynroetes sub-streek in die visier van internasionale connoisseurs geplaas het. Die meeste van hierdie apploustrekker wyne sal te koop wees teen spesiale promosie-pryse, wat ook geldig is met aflewering deur die logistieke- en vervoer-oplossingsmaatskappy, Aramex, ’n trotse vennoot van Stellenbosch Wynroetes.
Daar sal ook opskietrestaurante wees deur die Helderberg se bekendste kosplekke en die geleentheid om meer te leer oor wynmaak van die wynmakers en wingerdboukundiges self.
Die druifvariëteite se meesterklasse is op aanvraag van die publiek gereël om die klimaat- en geografiese redes agter die uitstaande kwaliteit, wat uit hierdie kusgebied enkele minute van die Kaapstadse stadskern, te beklemtoon.
Berei jou voor vir ’n aand van feestelikheid, wat verder opgevrolik word deur lewendige musiek.
Kaartjies na die geleentheid kos R100pp en moet verkieslik aanlyn bespreek word by www.wineroute.co.za. As daar enige kaartjies oor is, sal dit by die deur verkoop word.
Vir meer inligting oor Taste the Helderberg 2017, besoek www.wineroute.co.za of bel 021 886 8275. Taste the Helderberg word aangebied deur die Stellenbosch Wynroetes en ondersteun deur Wesgro (www.goto.capetown).
Om die meeste uit die langnaweek te haal, bespreek jou verblyf by NH The Lord Charles Hotel, by http://nh-hotels.co.za/.