Stap vir beenmurgkanker-pasiënt (10)
GEORGE NUUS – ‘n Vier kilometer-stap word gereël om fondse in te samel vir Alouise Campher (10) van George.
Alouise het onlangs ‘n beenmurgoorplanting ondergaan en die mediese kostes beloop meer as R500 000.
Die stap vind op Maandag 31 Oktober om 17:00 plaas by die George Bergsig NG Kerk. Inskrywingsfooie beloop R30 vir volwassenes en R15 vir kinders jonger as 12 jaar.
Inskrywings kan gedoen word by Verimark in die Garden Route Mall, Cilliers Odendaal Prokureurs (Cradockstraat 126) en by die Bergsig NG Kerk.
Mense wat nie aan die stap wil deelneem nie, kan donasies maak aan die volgende trustrekening: Cilliers Odendaal Prokureurs, Nedbank George, rekeningnommer 162 604 4589, takkode 162 645, verwysingsnommer C1124. Die bewys van betaling kan na 044 871 4891 gefaks word.
Vir meer inligting skakel vir Magda Saayman (082 944 8922) of Wilma Ferreira (082 330 2667).
Artikel: George Herald