Eagirls sorg amper vir skok-oorwinning
SWD se vrouerugbyspan het verlede Saterdag so byna vir `n lekker verrassing gesorg in hul wedstryd teen die hoog aangeskrewe Blou Bul-span.
Die besoekers het goed weggespring en twee vinnige drieë gedruk.
Hierna het hulle egter vinnig stoom verloor. Die halftydtelling was 10-6 met die Eagirls kaptein Lebeth Oktober se skopskoen wat die praatwerk gedoen het.
In die tweede helfte het die Eagirls van meet af verbete aangeval. Johanna Sceepers, stut, het oorgeval vir haar span se eerste drie.
Die doelskop was onsuksesvol. Hierna het die twee spanne om die beurt gaan druk. Eers het die bulle vanuit gebroke spel aangeval om die voortou te neem. Daarna het die Eagirls, na `n mooi agterlynbeweging en `n drie deur Mathrin Simmers, weer met 18-17 voorgeloop. Marne-zelle Rabie het verdoel.
Die oorwinning was binne bereik. Maar `n drie in die doodsnikke het die telling met 22-18 in die guns van die Blou Bul-vroue geswaai.
Source: George Herald