Ondersteun Handtoffel-projek
Solidariteit Helpende Hand nooi die publiek om deel te neem aan hul Handtoffel-projek as deel van die nasionale Ouma-en-Oupa-projek.
‘n Handtoffel is ‘n gebreide handskoen sonder vingers. Die projek gaan help dat bejaardes steeds hulle vaardighede kan aanwend en ‘n positiewe bydrae tot hul gemeenskap lewer.
Om die projek vlot te laat verloop, benodig hulle donasies van wol en ook vaardige hande om die maklike handtoffels te brei.
Enigiemand wat betrokke wil raak by die Helpende Hand Handtoffel-projek kan Mariaan Mans (Solidariteit Helpende Hand se streeksorganiseerder in die Suid-Kaap) kontak by 044 272 0015.
Donasies van wol en ook klaargebreide handtoffels kan afgelewer word by die Knysna-Plett Herald se kantore by Springstraat 19, Knysna.
Lees meer in Donderdag se Knysna-Plett Herald, asook aanlyn.
Ons bring jou die nuutste Knysna | Tuinroete nuus’
Source: Knysna-Plett Herald