George Landbouskou 2013
Die George Landbouskou, wat van Donderdag tot Saterdag, 15 tot 17 Augustus op die George Skougronde plaasvind, is ‘n hoogtepunt op George se kalender.
Verlede jaar is die skou deur ongeveer 12 000 mense besoek en aangesien daar soveel meer hierdie jaar is om te sien en te doen, behoort die besoekergetalle aansienlik meer te wees.
Daar is heelwat eerstes by vanjaar se skou. Op Donderdagaand vind die George Landbouskou Padwedloop in samewerking met die Nedbank Running Club plaas en Saterdagoggend bied die SWD-fietsryvereniging ‘n fietsren oor drie verskillende afstande aan.
Demonstrasies soos ‘n skaaphondvertoning, beslaan van perde, skaapskeer, kosdemonstrasies, borduur en koekversiering is van die vele nuwe dinge op die skou.
Enigiemand wat belangstel om deel te wees van hierdie geleentheid, kan die skoukantoor of sekretaresse skakel by 044 873 4165 of 082 881 3305.
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
‘Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus’
Source: George Herald