Eden se omdraai-spaarplan vorder
Artikel en foto: Christo Vermaak, George Herald Joernalis
Voorstelle om die Eden-distriksmunisipaliteit se finansiële status volhoubaar te maak en deur ‘n omkeerstrategie finansieel gesond te maak, stroom in.
Die strategie is gekoppel aan ‘n kompetisie waar voorstellers pryse kan wen vir werkbare idees.
Eden uitvoerende burgemeester, Wessie van der Westhuizen het drie weke gelede die kompetisie bekendgestel waar raadslede en amptenare voorstelle by ‘n besparings loods-komitee kan indien. Die kompetisie sal op Vrydag 5 Oktober ten einde loop.
Godfrey Louw, munisipale bestuurder van die Eden-distriksmunisipaliteit, sê: “Daar is alreeds baie voorstelle ontvang vanaf personeellede deur middel van ‘n e-pos adres wat geskep is om die indien van voorstelle te vergemaklik. Dit lyk asof die skep van hierdie e-pos adres baie goed ontvang word.”
Volgens Louw word daar geantisipeer dat baie meer voorstelle gaan inkom tydens die kontak en interaksie sessies, aangesien personeel spesifiek vir daardie doel tyd gaan afstaan. Louw het gesê dat die voorstelle nog nie bekend gemaak kan word nie.”
“Geen pryse is nog tot dusver oorhandig nie. Voorstelle moet eers geïmplimenteer word sodat bepaal kan word hoeveel ‘n spesifieke voorstel bespaar het of hoeveel geld gegenereer was. Daar gaan kwartaallikse meting plaasvind tot aan die einde
van 30 Junie 2013. Die monitering van die metingsproses sal deur die interne ouditeure behartig word. Die idee is ook om kwartaallikse pryse toe te ken.”
Source: George Herald
Latest Headlines in the George Herald today:
- Man steek suster se karavaan aan brand
- Absent councillors better beware
- Twee raadslede se toekoms onseker