Namib Musiekfees 2017
Venue: HAGE GEINGOB STADIUM, OLYMPIA, WINDHOEK
Dates: 28/10/2017 to 28/10/2017
Times: 11:00
Booking Website: http://www.webtickets.com.na
Namib Musiekfees ’n eerste vir Namibië
Die hele Namibië trek op Saterdag, 28 Oktober, in Windhoek saam vir Namibië se eerste en grootste
musiekfees by die Hage Geingob-rugbystadion in Olympia.
Kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Leah, Theuns Jordaan, Andriëtte Norman, Die Broers, Half Jack,
Miss H, George Longane en John Rock Prophet gaan by die fees optree.
“Die Namib Musiekfees is die eerste in sy soort en 100% eg Namibies, geskep vir die mense deur die
mense. Dit gaan een dag van feesviering wees, nes ons Namibiërs kan,” sê Charl Celliers,
organiseerder van die fees.
Volgens Celliers is die mense van Namibië reeds in rep en roer oor dié fees waarna hulle solank al
smag. “Die fees is spesifiek geskep vir feesgangers se smaak en behoeftes,” vertel Cilliers.
Benewens die plaaslike en top Suid-Afrikaanse kunstenaars, kan feesgangers ook uitsien na
heerlike kostalletjies wat plaaslike kos voorberei en uitspan saam met vriende en familie by die
biertent naby die hoofverhoog.
Die musiekfees is veral gefokus op ’n verskeidenheid van genres wat plaaslike en internasionale
kunstenaars van Suid-Afrika insluit. Feesgangers kan uitsien na wêreldklas musiek, akoestiese
klanke en vele ander vermaak.
“Dit gaan ’n kort en kragtige musiekfees wees – met vertonings van vroeg in die oggend tot laat in
die aand,” vertel Celliers.
Kaartjies vir die fees sal eersdaags beskikbaar wees. Diegene wat vroeg hul kaartjies wil koop, kan
20% afslag kry met die EarlyBird-kaartjies.
Besoek www.namibmusicfestival.com vir meer inligting, die volledige program en om jou verblyf te
bespreek. Kaartjies kan bespreek word by www.webtickets.com.na en/of by enige Pick ’n Pay
winkel betaal word.
Volg ons op Facebook (https://www.facebook.com/Namib-Music- Festival-265250637285033/),
Twitter (https://twitter.com/namibmusicfest) en Instagram
(https://www.instagram.com/namibmusicfestival/) vir die jongste Namib Musiekfees-nuus!
Pricing & Booking Information
Besoek www.namibmusicfestival.com vir meer inligting, die volledige program en om jou verblyf te
bespreek. Kaartjies kan bespreek word by www.webtickets.com.na en/of by enige Pick ’n Pay
winkel betaal word.
Venue Details & Map
HAGE GEINGOB STADIUM, OLYMPIA, WINDHOEK
Physical Address: HAGE GEINGOB STADIUM, OLYMPIA, WINDHOEKTelephone: +27(0)+264 (0) 81 124 3326 Email: charl@bdo.com.na Website: http://www.namibmusicfestival.com Directions: HAGE GEINGOB STADIUM, OLYMPIA, WINDHOEK Latitude: -33.924788 Longitude: 18.429916