Madeliefie Makietie 2019
Venue: Perdeskoen-Amfiteater
Dates: 25/10/2019 to 26/10/2019
Times: 16:00
Booking Website: http://mobile.computicket.com/event/madeliefie_makietie/6973655
Madeliefie Makietie gaan vanjaar sorg vir groot opwinding op Strandfontein
Die gewilde Madeliefie Makietie-fees, wat reeds ’n onmisbare instelling aan die Weskus geword het, keer vanjaar weer terug na die juweeldorp, Strandfontein. Op Vrydag, 25 en Saterdag, 26 Oktober gaan van ons land se topkunstenaars optree by hierdie fees wat allerlei vermaak vir oud en jonk bied en wat ook die sonnige somermaande amptelik inlui.
Van ons land se voorste kunstenaars gaan feesgangers vermaak. Hulle is Ivan Roux, Chereé, Appel, Tarryn Lamb, Jay, Bok van Blerk, Sunset Sweatshop, Jan Bloukaas, Caroline Grace, Tommy Dell, Dennis East, Wynand & Chereé, Ricus Nel en Early B.
“Ek sien baie uit daarna om weer die Madeliefie Makietie op Strandfontein by te woon. Ek kan nie wag om almal weer daar te sien nie,” sê die gewilde sanger Jay, wat te sien was by die Madeliefie Makietie fees in 2017 en verlede jaar die gaskunstenaar by die Mej. Madeliefie-kompetisie was.
Vir meeste van die kunstenaars – soos Bok van Blerk – is dié fees ’n eerste en vir sommige is die geleentheid ook ’n eerste besoek aan Strandfontein. Dié jaar se Madeliefie Makietie beloof om soos altyd ’n hoogtepunt op die feeskalender te wees met stalletjies om van te kies en te keur asook aktiwiteite om oud en jonk besig te hou.
Die beeldskone Tarryn Lamb is baie opgewonde om ook vanjaar by die fees op te tree. Sy nooi feesgangers uit om dit saam met haar te kom geniet. “Ek is opgewonde om vanjaar vir die eerste keer by die Madeliefie Makietie-fees te wees.”
Tientalle kos- en versnaperingstalletjies sal regoor die dorp opgestel word. Daar sal ook verskeie kuierplekke wees waar feesgangers kan eet en die streek se wyn kan geniet.
Verskeie verblyf-opsies sal beskikbaar wees vir die duur van die fees op Strandfontein sowel as op buurdorpe Lutzville, Klawer, Vredendal en Vanrhynsdorp. Indien jy nog nie verblyf het nie, moet jy vinnig spring. Om kampering, woonwastaanplekke of chalets te bespreek, kontak gerus vir Hannerie by 082 886 8647.
Vanjaar se fees beloof om selfs meer pret vir oud en jonk te verskaf, so maak seker jy mis dit nie.
Kry die volledige feesprogram by www.madeliefiemakietie.co.za. Kaartjies is beskikbaar by Computicket, Shoprite/Checkers-, House & Home-winkels, of kontak 0861 915 8000.
Venue Details & Map
Perdeskoen-Amfiteater
Physical Address: Strandfontein,West Coast,
Western Cape
Telephone: +27(0)071 487 3033 Email: theresavanzyl817@gmail.com Website: http://madeliefiemakietie.co.za/ Latitude: -33.924788 Longitude: 18.429916