Herfsmark Kuus, Kos & Kuiermark
Venue: Herfsmark
Dates: 27/04/2017 to 06/05/2017
Times: 09h00 - 19h00
Die Herfsmark bestaan nou reeds 6 jaar en het ‘n belangrike item in die dagboek van inwoners asook besoekers aan die pragtige omgewing van Hartbeespoort geword en word beskou as ‘n belangrike toerisme aantreklikheid.
Die kwaliteit van die produkte is van uitstaande gehalte en bied ‘n uitsonderlike inkopie ervaring.
Produkte wat te koop aangebied word, is onder andere:
Juwele, Speelgoed, Klere, Skoene, Skilderye, Dekor, Indiese lappe, Boeke Olywe, Lekkers, Biltong, Vars Gebak, Vars Vleis, Ingelegde vrugte en groente, Eendprodukte
en nog vele meer.
Die Kindertuin gee mammies die geleentheid om rustig inkopies te doen terwyl die kinders onder betroubare toesig kan speel.
Die kosstalletjies dra by om die mark ‘n feestelike atmosfeer te gee. Afgesien van die heerlike eetgoed wat gedurende die dag in ons Teetuin geniet kan word, is daar ‘n vasgestelde spyskaart vir Aandetes. Kom geniet ‘n heerlike aandete by ons of kry net ‘n wegneem ete. Hou ons webwerf dop vir die 2017 Spyskaart.
HIERDIE IS ‘N MARK OM NIE MIS TE LOOP NIE!
Bring die hele familie en kom geniet ‘n verskeidenheid van die mooiste kunswerke, dekor- en huisvlytartikels asook heerlike delikatesses.
Kunstenaars en uitstallers van regoor Suid-Afrika neem deel aan ons mark en alle produkte is vooraf gekeur vir verskeidenheid, gehalte asook om redelike pryse te verseker.
Hieronder is ‘n voorsmakie van nuwe uitstallers se produkte wat tydens 2017 by ons mark te kry sal wees.
Herfsmark 2017 vind plaas vanaf Donderdag, 27 April 2017 tot Saterdag, 6 Mei 2017
For more information for Herfsmark click here
Venue Details & Map
Herfsmark
Physical Address: Maraisstraat 33, Schoemansville, HartbeespoortTelephone: +27(0)122530063 Mobile No.: +27(0)618457887 Email: herfsmark@gmail.com Website: http://www.herfsmark.co.za Directions: - Latitude: -25.725679 Longitude: 27.876339