Hoe voel dit om by die see te woon en werk?
Om by die kus ‘n lewe te hé is regtig iets besonders.
Aan die begin moet jy eers gewoond raak aan die meer rustige benadering wat die kus bewoners het. Daar is altyd tyd vir ‘n koppie tee, ‘n glimlag en ‘n gesprek oor die gebeure rondom die vangs van die dag. Hier maak die mense tyd vir mekaar en as jy hulp nodig het is jou buurman net ‘n oproep weg.
As jy jou siel en liggaam weer met mekaar wil verenig, kan jy ‘n stilte tyd maak om na die ritsel van die wind deur die piesang bome te luister, die wind dans speels oor die suikerriet plantasies.
Branders borrel en bruis en die wit skuim lek saggies aan die goue strande, en laat duisende skulpies as geskenke agter, aangesloer deur die warm Indiese oseaan.
Voetjies en bye drink water en nektaar uit die groot tropiese blomme. Papajas en advokado pere groei oral in tuine, en die valleie gevul met soet suikerriet is altyd groen wat die blou berge in die agtergrond selfs blouer laat vertoon..
Die tropiese, matig tot warm klimaat dra by tot die sprokies agtergront van skepe wat in die verte hulle seereis onderneem. Dit neem jou avontuurlustige hart terug na die dae van seerowers, skatte, handeldryf met speserye, edel gesteentes, verre tower stede en skatte.
Hier hang jy aan die lippe van menighe bobaas storie vertellers van avonture van toeka tot nou, legendes is volop van mense wat op ‘n mistige maan beligte aande die figuur van ‘n beeldskone vrou tussen die branders gewaar het, haar visstert het vir ‘n moment geglinsters terwyl sy vinnig die dieptes in verdwyn. Of die legende waar is of nie, hier kan jy nog drome droom en soos ‘n kind weer lug kastele bou.
Die noordkus is ryk aan geskiedenis van die legendariese Zulu vegters, en Voortrekkers wat met ossewa oor die onbekende landskap getrek het. Die legendariese Shaka en sy brawe vegters het hier hulle oorlogs danse gedoen, tradisionele medisyne en gelowe speel nog ‘n groot rol in die Zule kultuur.
Voortrekkers het na die spookagtige gedreun van ‘n leeu se brul geluister, weergalmend etlike meters van hulle af, vanuit die donker nag se sluier. Hier is menigte geskiedkundige voortrekker plase, roetes, en gevegs terreine wat vandag nog besoek kan word.
Die see het beslis ‘n uitwerking op mense, dit is wonderlik om te sien hoe die vakansie gangers ons dorp ervaar, daar is ‘n vrolike dromerigheid en bewondering vir ons omgewing, Families maak weer tyd vir mekaar, kinders baljaar op die strand, en daar is soveel om te ervaar in die kort tyd wat hulle hier besoek aflé. Die wat by die kus woon sien die see weer uit die oé van besoekers en ‘n wardering vir ons voorreg om by die see te woon word opniet gewakker.
Die uniekhied van die noordkus is die uiteenlopende kulture, geure, speserye, markte, en besienswaardighede. Hier is ‘n geestelikheid uniek aan elke individue, en ‘n wardering, of verdraagsaamheid teenoor verskillende denk groepe en gelowe is orals ‘n normale ervaring.
Dit is tradisioneel om die noordkus te besoek en ‘n kerrie te eet, was dit af met ‘n goue yskoue bier. heelwat restaurante bied hierdie gewilde dus aan. Verskeie vars markte is beskikbaar waar jy die vangs van die dag kan koop.
Geniet vars vis wat jy self braai, die reuk van die see, ‘n warm son wat jou wange soen, en om die heerlike dis af te rond ‘n vars warm knoffel brood, kraak vars groen slaai en die smaak van sout en suurlemoen, moenie die wyn vergeet nie.
Natuurlewe is hier volop, en verskeie stap roetes lui deur tropiese woude, en oor strande, In die 1800’s was die groot vyf nog oral te sien, vandag word hulle deur reservate in die omgewing beskerm. Die noordkus is ‘n voél liefhebbers paradys. Dolfyne en walvisse speel, skommel en maal gereeld in die branders en word telke male gewaar deur verrasde en opgewonde vakansiegangers.
Troppe apies is gedurig besig met hulle katte kwaad, baie van die inwoners se harte is sag vir die diertjies en alhoewel dit verkeerd is om hulle te voer sal jy in menigte tuine offerhandes van vrugte en brood kry, waaraan Kees se kind lustig aan kan smul.
Mense hier is baie meer gesondheids bewus, elke dag sien jy stappers, drawwers, yoga klasse op die strand, brander plank ruiers wat dou voor dag die branders in vaar. Die viervoetige familie lede baljaar oor gereeld saam op die strand.
Hier is ook heelwat gesondheids winkels natuurlike medisyne en die mengsel van aroma olies en kruie.
Planeet bewaaring en die “groen” gees om items te herwin en te her gebruik is ‘n mode wat vinnig besig is om groot hoogtes te bereik.
Die dienslewering oor die algemeen is heelwat anders as die stad, en vinnige, vriendelike dienste sal jy in baie instansies soos banke, winkels en kruideniers winkels beleef.
Hier is baie om te doen, van besoeke aan groot reservate, nag clubs, sangers wat in restaurante optree, tempels, museum’s, dobbel paleise, opvoer teaters,feeste op die strand. Hang af van wat jou smaak prikkel, Diepsee duik ien Vlieér plank geesdriftiges is gereeld doenig met hulle avontuurlustige sport.
Een ding is verseker anders as in die groot stede kan jy jouself besig hou en min geld spandeer – om op die strand te baljaar kos niks en dit kan vir ure se vermaaklikheid sorg, Skryfers en kunstenaars kry hulle inspirasie hier. Kinders word nog naby aan die natuur groot en ‘n ervaring van ‘n ontspannende dag op die strand is goud werd.