‘n Wit Kersfees
Deur: Cornél Dunn. Foto’s: Johan Wilke. Artikel uit die Desember 2014 uitgawe van Rooi Rose Tydskrif.
Kies vanjaar ‘n wit palet met hope tekstuur en onverwagse detail vir ‘n wit Kersfees wat steeds uniek aan Afrika is
Feestelik
Dis Kersfees – ‘n tyd om hande te vat met die siele in jou lewe. Dek ‘n stylvolle wit tafel met natuurlike elemente eie aan ons land. Ons het fynbos, wingerdtakkies en bloekomblare ingespan vir ‘n onvergeetlike feestafel.
Wit is die kleur van heelheid, lig, goedheid en onskuld
Die besondere fynbos-en-bloekomkranse bring die geur van die veld en hope tekstuur na jou tafel en versterk terselfdetyd die wit palet. Takbokkies (R170 elk), Kranse teen stoele (R260 elk) En die groot krans wat van die dak af hang (Vanaf R820) Andrea Topiary Creations; Sterretjie-koekies, spesiaal vir ons gemaak deur Nibbly Bits; Teekoppie en piering (R39.99) Mr. Price Home; Eetgerei (R100 elk) van Plan B Vintage.
Hier bind die kleur en papier-element die baldadige uitstalling tot ‘n eenheid. Papierklokke, balle, sneeuvlokkies, boom en perspeks-voëltjies van deliciousdisplay.co.za geskenkpakkies en Die Res Stilis Se Eie.
Uit die natuur
Kies vanjaar ‘n eko-vriendelike boom wat jou gesin jare se plesier sal gee. Die boompie kan deur die jaar vir ander feestelike geleenthede ingespan word
Skep atmosfeer
Vervang ‘n keer die tradisionele Kersversierings deur ‘n eenvoudige uitstalling van elemente uit die huis of tuin. Jy het nie veel meer nodig as ‘n hopie Kerspakkies, wit geverfde tuinblomme of sade en kerse wat jy saans kan aansteek nie.
Kersboom (prys op aanvraag, afhangende van grootte) en houttakbokke (R150 elk) van Andrea Topiary Creations. Takbokkies wat as kersboomversierings gebruik is (R120 elk) Andrea Topiary Creations.
Outydse katoenslope is pragtige geskensakke wat weer gebruik kan word. Wit perspeks-takbokkies (R12.50 elk) van 4400 Laser Cutting, Engraving and Design.
|
Intekening. Teken in op rooi roseAs jy hierdie artikel geniet het, en graag meer wil lees oor mode, dekor, skoonheid en styl, hoekom teken jy nie in op hierdie wonderlike tydskrif nie? Gee ‘n geskenk intekening aan ‘n vriendinAan die uitkyk vir ‘n geskenk vir iemand wat dol is oor die nuutste styl wenke en onthaal idees? Laat hulle hierdie uitstekende tydskrif van jou ontvang elke maand. Jongste uitgawe van rooi roseSien wat in die nuutste opwindende uitgawe van rooi rose is. |